Wees die oplossing. Wees 𝗛𝗢𝗡𝗚𝗘𝗥 vir 𝗛𝗢𝗢𝗣!
28 Mei is 𝗪ê𝗿𝗲𝗹𝗱𝗵𝗼𝗻𝗴𝗲𝗿𝗱𝗮𝗴 en vanjaar daag ons jou uit om 𝗛𝗢𝗡𝗚𝗘𝗥 te wees vir 𝗛𝗢𝗢𝗣.
Solidariteit Helpende Hand in samewerking met Pretoria FM loods vanjaar die Honger vir Hoop-veldtog waarmee ons gaan poog om 50 000 borde kos in te samel en die gemeenskap bewus te maak van verskillende soorte honger.
Helpende Hand voed daagliks ongeveer 𝟴 𝟱𝟬𝟬 𝗯𝗲𝗵𝗼𝗲𝗳𝘁𝗶𝗴𝗲 𝗸𝗶𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀 Ons kan egter net daarmee volhou as gemeenskappe hande vat om kinders se welstand te bevorder en hoop vir die toekoms te skep. Ons beklemtoon egter nie net voedselnood nie, maar ook gemeenskappe se behoefte aan onder meer maatskaplike en geestelike hoop.
Sit hand by: Neem deel aan 'n eetstaking en skenk die geldwaarde van wat jy sou eet. Maak 'n finansiële bydra.
Skoolkinders: Skenk een dag se snoepiegeld en maak 'n verskil in 'n behoeftige maatjie se lewe.
Besighede: Daag mekaar uit om 'n Hand van Hoop te wees.
Ons sal vir jou 'n artikel 18A-belastingsertifikaat verskaf waarmee jy 'n gedeelte van jou bydrae van Jan Taks kan terugeis. helpendehand.co.za/wereldhon…... Wees die 𝗛𝗮𝗻𝗱 wat 𝗛𝗼𝗻𝗴𝗲𝗿 is om 𝗛𝗼𝗼𝗽 te skep. #HelpendeHand #Werksyn
Kerkstraatbom 2026 - 43 jaar, ons onthou!
Church Street Bomb 2026 - 43 years, we remember!
Daar is oomblikke in ’n land se geskiedenis wat soos wonde in beton ingegraveer bly. 20 Mei 1983 is een van daardie dae.
Nie ’n politieke voetnota nie.
Nie ’n “kontroversiële operasie” nie.
Nie ’n romantiese storie van “bevryding” nie.
Maar ’n dag van vuur, bloed, glasskerwe, rook en hordes verminkte mense in die middel van Pretoria.
’n Dag waarop die ANC se gewapende arm, uMkhonto we Sizwe (MK), doelbewus ’n motorbom tydens spitsverkeer in Kerkstraat laat ontplof het, tussen gewone Suid-Afrikaners wat gewerk, bestuur, gewag of huis toe gegaan het.
Die bom het nie in ’n afgeleë militêre basis ontplof nie.
Dit het in ’n openbare straat ontplof.
Tussen mense.
Tussen motors.
Tussen sekretaresses, tiksters, bestuurders, soldate, winkelwerkers en voetgangers.
Veertig kilogram plofstof.
ONS MAG NOOIT TOELAAT DAT HULLE DIE GESKIEDENIS HERSKRYF NIE
Vandag probeer baie mense die ANC se verlede poets.
Hulle wil hê jong Suid-Afrikaners moet net woorde soos “bevryding”, “struggle” en “helde” hoor.
Maar Kerkstraat bestaan steeds.
Die grafte bestaan steeds.
Die families bestaan steeds.
Die trauma bestaan steeds.
En die waarheid bestaan steeds.
Die waarheid is dat ’n politieke beweging ’n motorbom tussen gewone mense laat ontplof het.
Die waarheid is dat mense vermink en vernietig is.
Die waarheid is dat die ANC dit goedgekeur en later verdedig het.
20 Mei mag nie net nog ’n datum wees nie.
Dit moet ’n waarskuwing wees en bly!
Want ’n land wat begin vergeet wat politieke terreur doen, begin uiteindelik weer daarvoor verskonings maak.
En die oomblik wat ’n samelewing begin glo dat ’n saak belangriker is as onskuldige mense se lewens, begin beskawing self verbrokkel.
Onthou Kerkstraat.
Onthou die ontploffing.
Onthou die glasskerwe en bloed.
Onthou die mense wat daardie middag nooit weer huis toe gekom het nie.
En onthou wie die bom geplant het.🔴
(Skrywe geleen by Paul Hattingh)
3
98
Een van die eerste vakansiedae wat verwyder was, was Hemelvaartsdag. Wat sê die huidige regering daardeur? Die antwoord is eenvoudig: Hulle onderwerp hulself nie aan die gesag van Christus nie.
Die regering kan nie bepaal wat ons glo en uitleef nie. Erken die soewereiniteit van Jesus Christus en teken hierdie petisie van Lig in Duisternis Uitgewers hier:
liginduisternis.co.za/hemelv…
Laai die manifes af en neem deel aan die landswye beweging om die heerskappy van Christus te erken op Hemelvaartsdag.
#Boermedia #Liginduisternisuitgewers #Hemelvaart #jesuschristus
4
101
Die Pro Patria Museum NPC Militêrefees by die Voortrekkermonument was nie net 'n fees nie, maar ook 'n re-unie waartydens ou vriende mekaar weer kon groet en daardie kameradrie weer bevestig.
Maj-Genl. Lawrence Smith vertel ons meer oor die 5de aanbieding van hierdie militêrefees en hoe dit elke jaar net aanhou groei.
Tydens hierdie geleentheid sê ons ook dankie vir ons veterane se opoffering wat hulle gemaak het. Ons salueer julle.
Luister saam na hierdie kort onderhoud met Maj-Genl. Lawrence Smith.
1
88
PHASA - Nuwe jag-uitvoerkwotas ontketen debat: bewaring of etiek? Bakkie gaan help met navorsing.
Jagkwotas: Wanneer ideologie bots met werklikheid
VUL DIE PETISIE IN: dearsouthafrica.co.za/huntin…
Die Suid-Afrikaanse regering se voorgestelde jag-uitvoerkwotas vir 2026 en 2027 het voorspelbaar ’n storm ontketen. Maar agter die emosie en internasionale druk lê ’n baie eenvoudiger vraag: Wil ons hê wild moet oorleef – of wil ons goed voel terwyl dit verdwyn?
Die kwotas sluit onder meer in:
150 olifante per jaar
12 swartrenosters
11 luiperds
Vir baie klink dit skokkend. Maar vir dié wat werklik die veld ken, is dit nie wreedheid nie – dit is bestuur.
Die waarheid wat min mense wil hoor, die harde werklikheid is dit - wild oorleef in Suid-Afrika omdat dit waarde het. Volgens die Professional Hunters Association of South Africa en verwante navorsing:
- Jag bring miljarde rande in die ekonomie in
- Duisende werksgeleenthede in landelike gebiede hang daarvan af
- Die meeste wild leef nie in parke nie – maar op privaat grond
Dit beteken een ding dat as wild nie ’n bate is nie, word dit ’n las en ’n las word uiteindelik verwyder.
VUL DIE PETISIE IN: dearsouthafrica.co.za/huntin…
Twee wêrelde wat nie versoenbaar is nie. Aan die een kant staan ’n groeiende koor van internasionale aktiviste en plaaslike drukgroepe – mense wat jag as immoreel beskou en glo wild moet onaangeraak bly en wat ook dikwels geen finansiële alternatief bied nie.
Aan die ander kant staan boere, wildbestuurders en jagters – mense wat elke dag met die realiteite werk, weet wat dit kos om wild te beskerm en verstaan dat bewaring sonder inkomste nie bestaan nie.
Hierdie is nie ’n debat tussen goed en sleg nie. Dit is ’n botsing tussen ideologie en realiteit.
Die gevaar van “goeie bedoelings” - Wanneer jag onder druk kom verloor wild sy ekonomiese waarde, word grond vir ander doeleindes gebruik en begin habitat verdwyn.
Die ironie is skerp - Die mense wat sê hulle wil diere beskerm, dryf beleid wat hul voortbestaan ondermyn.
’n Stryd oor beheer en toekoms - hierdie debat gaan oor meer as net jag. Dit gaan oor wie besluit oor Suid-Afrika se hulpbronne, of plaaslike kennis plek maak vir buitelandse druk
en of gemeenskappe die reg het om hul eie omgewing volhoubaar te bestuur.
Die model wat Suid-Afrika opgebou het – waar privaat grond en ekonomiese aansporing bewaring dryf – is een van die mees suksesvolles in die wêreld.
Maar dit staan nou onder ideologiese aanval.
VUL DIE PETISIE IN: dearsouthafrica.co.za/huntin…
Kies die werklikheid - Die vraag is nie of jag ongemaklik is nie. Die vraag is: Werk dit? En al die bewyse sê: ja.
As Suid-Afrika hierdie pad laat vaar om ideologiese redes, sal die koste nie in debatte gevoel word nie – maar in leë veld, minder wild en verlore bestaansmiddele. Kyk maar na ander Afrika-lande.
Bewaring is nie ’n gevoel nie. Dit is ’n stelsel. En daardie stelsel werk – juis omdat dit die waarheid oor waarde erken.
Gesels saam in die kommentare en onthou om die petisie te gaan invul.
73
Die voorste land in die geskiedenis van Afrika is deur ons voorouers gebou tydens moeilike omstandighede.
Ons voorouers was bouers gewees. Hulle was gewone mense, wat in ongewone omstandighede, buitengewone prestasies behaal het. As hulle dit kan doen... ONS KAN OOK!
#Boermedia #OnsKanOok #Geskiedenis #trots #bouers
Daar is mense wat ons Gelofte bespot en probeer doodsmoor. Maar wat gebeur gewoonlik met 'n boodskap wat onderdruk word? Dit skiet uit en versprei soos nooit te vore. Daarom sê ons aan die mense wat dink ons Gelofte kan gebruik word vir politiese toertjies: ONS SAL AANHOU OM ONS GELOFTE TE HERDENK!
#geloftedag #Gelofte #16Desember #Boermedia
Die Ou Poskantoor in Koster word reggeruk deur mense wat dinge laat gebeur!
Elke dorp het reeds alles wat nodig is om te floreer - vaardighede, hulpbronne en mense met 'n wil.
Wat kort, is nie planne nie, maar vasbyt, 'n gemeenskap met tande. “Tande” beteken ’n gemeenskap wat saamstaan, wat mekaar ondersteun, wat nie terugstaan vir uitdagings nie en wat bereid is om verantwoordelikheid te neem vir hul eie toekoms.
Bou verhoudings, ondersteun plaaslik, staan op vir wat reg is, en werk saam aan iets groter as jouself. ’n Dorp met tande is ’n dorp wat nie wag vir redding nie - hy word sy eie redding.
Hoe lyk dit in jou dorp? Laat weet ons in die kommentare.
Besoek die Ou Poskantoor se Facebook bladsy vir meer inligting. #boermedia #koster #selfbeskikking
Vandag sien ons hierdie verskynsel in verskeie vorme. Byvoorbeeld waar die ANC homself dikwels as ’n soort voog oor al die volke van Suid-Afrika beskou.
Maar daar is ook nader voorbeelde waaroor ons as volk eerlik sal moet nadink. Het ons dalk self, op sekere maniere, steeds so ’n hoogmoedige beskouing van ons rol teenoor ander volke? Dis ’n vraag wat selfondersoek vra, nie net kritiek nie.
77
Ons stel nuwe program op BOERMEDIA bekend: BEGROND BOEKEVAT met Dr. Wikus Buys
Welkom by Begrond — ‘n weeklikse aanbieding of gesprek waar ons die wêreld rondom ons probeer verstaan vanuit ‘n vaste, Bybelse grondslag.
Begrond is ‘n Christelike institusie wat daarop fokus om hedendaagse samelewingsvraagstukke te benader vanuit die Skrif, met die doel om ‘n gesonde, standvastige gemeenskap te bou wat gegrond is in waarheid, roeping en verantwoordelikheid.
Op Boermedia glo ons dat ‘n volk nie net fisies moet bou nie, maar ook geestelik en intellektueel geanker moet wees. Daarom is hierdie samewerking vir ons natuurlik — ons deel dieselfde fondament: geloof, kultuur en die strewe na ‘n toekoms wat op vaste beginsels rus.
In hierdie reeks gaan ons saam met Begrond dieper delf in aktuele vraagstukke. Antwoorde soek vanuit ‘n Christelike wêreldbeskouing. Bou aan denke wat rigting gee vir die toekoms. Hier gaan dit nie net oor opinies nie, dit gaan oor grondslag.
Welkom by Begrond Boekevat, op Boermedia. Ons glo dit sal vir al ons kykers van groot waarde wees. #boermedia #begrond
Lees meer oor Begrond by: begrond.co.za
Hierdie video is ook op Boermedia se Youtube kanaal beskikbaar.
1
99
youtu.be/zeaVv-UChtA - Kyk die eerste episode van Begrond op hierdie skakel.
Afrikaners / Boere moet weer die waarde besef van die impak van volkspele op hulle menswees. Die kultuuroordrag wat onder die volkspelers plaasvind is geweldig belangrik vir die toekoms van 'n volk.
"Afrikaanse Volksang en Volkspele Beweging, julle moenie ophou nie, die energie en die mooi van volkspele moet weer oorgedra word na 'n volgende geslag" ~ Hannes Noeth, die Hoofbestuurder van Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Hierdie opname was gedoen by die Voortrekkermonument tydens die Nasional Saamtrek van die Afrikaanse Volksang en Volkspele Beweging.
1
47
Die jonges is ook mal oor Afrikaanse Volksang en Volkspele Beweging. Hulle maak nuwe vriende en geniet die saamkuier. Dit is iets wat die hele familie kan saamdoen.
volkspele.co.za
Hierdie opname was gemaak by die Voortrekkermonument tydens die nasionale saamtrek van die Afrikaanse Volksang en Volkspele Beweging op 28 Maart 2026.
2
49
Hoekom was die kanttekeninge van die Statebybel nie ook vertaal nie?
#bybel #kanttekeninge #boermedia #statebybel
64
Sonstraal op die senotaaf tydens GELOFTEDAG 2025 by die Voortrekkermonument.
#boermedia #voortrekkermonument #geloftedag2025 #geloftedag
4
72
So dit is waarvoor Karen Burger die briefie van die skootbrakkie afrikaanses nodig gehad het.
Dear @RonaldLamola,
I've just come across the South African government's media statement from October 31, 2025, regarding the US Special Refugee Programme. It's a pointed rebuttal to the notion of a "white genocide" in South Africa, emphasizing that such claims are factually inaccurate, discredited by evidence, and even rejected by prominent members of the Afrikaner community themselves. They highlight how the program's premise undermines constitutional processes and international protections, while low uptake among South Africans underscores its flawed foundation.
That said, it's deeply concerning that official narratives like this continue to downplay the escalating violence and systemic discrimination faced by White minorities in South Africa. Farm murders, land expropriation policies without compensation, and inflammatory rhetoric from political figures aren't isolated incidents; they form a pattern of targeted marginalization. Denying this reality isn't just oversight; it's an active enforcement of what many see as an ongoing, slow genocide, eroding lives, livelihoods, and cultural heritage one tragedy at a time. By dismissing these pleas as conspiracy, you're complicit in perpetuating the silence that allows it to fester.
Perhaps you should have a discussion with Gregory Stanton from Genocide Watch before you release statements denying any persecution. The ANC anti-white laws along with "Kill the Boer" contradicts your denials, which, I might add, is a final stage in the run-up to genocide.
In solidarity,
Afrikaners (real ones)
1
134
Kom vier fees saam met oom Paul die 24ste September 2025, by die Voortrekkermonument. Mareli vertel vir ons in fyn besonderhede wat op Erfenisdag by die VTM gaan plaasvind.
24 SEPTEMBER | 09:00 - 16:00 | VOORTREKKERMONUMENT ALGEMENE KAARTJIE: R20 per volwassene (ook partytjiepermit genoem)
➡️Hierdie kaartjie sluit in toegang tot die terrein, parkering en die snelrylaan
🎟️Toegang tot die terrein, parkering en gebruik van die snelrylaan.
🎤Steve Hofmeyr-konsert
🪀Kinderprogram
🎪200 stalletjies
💃Boeredanse, boeremusiek en volkspele
🌹Tant Gezina se teetuin
🎭Kruger-toneel en vertellings
🚗Uitstallings van ou motors ... en ’n baie feestelike terrein
𝗞𝗼𝗼𝗽 𝗷𝗼𝘂 𝗽𝗮𝗿𝘁𝘆𝘁𝗷𝗶𝗲𝗽𝗲𝗿𝗺𝗶𝘁 𝗵𝗶𝗲𝗿: vtm.org.za/kruger-200/ Volwassenes: R20 Kinders: gratis
#Boermedia #voortrekkermonument #Kruger200 #PaulKruger #erfenisdag
1
2
112





